Metamorfoses

Metmorfoses
’n Bladsy uit die uitgawe van Ovidius se Metamorfoses wat in 1497 in Venesië deur Lucantonio Giunti gepubliseer is.
’n Bladsy uit die uitgawe van Ovidius se Metamorfoses wat in 1497 in Venesië deur Lucantonio Giunti gepubliseer is.
Soort werk Gedig
Skrywer Ovidius
Oorpronklike titel Metamorphoseon libri
Eerste uitgawe 8 n.C.
Taal Latyn
Genre Verhalende poësie, epos, treurdig, herdersdig, tragedie

Die Metamorfoses (Latyn: Metamorphōseōn librī, "Boeke van Transformasies") is ’n 8ste-eeuse Latynse verhalende gedig deur die antieke Romeinse digter Ovidius wat as sy magnum opus (meersterswerk) beskou word. Dit bestaan uit 11 995 reëls, 15 boeke en meer as 250 mites, en vertel die geskiedenis van die wêreld van sy skepping tot die vergoddeliking van Julius Caesar binne ’n losweg mities-historiese raamwerk.

Hoewel dit aan die kriteria vir ’n epiese gedig voldoen, kan die werk nie in ’n eenvoudige genre geklassifiseer word nie deurdat dit verskillende temas en tone gebruik. Ovidius het inspirasie vir sy werk gekry uit die genre metamorfosepoësie, en sommige van die Metamorfoses is ontleen aan vorige behandelings van dieselfde mites; hy het egter aansienlik van al dié modelle afgewyk.

Die Metamorfoses is een van die invloedrykste werke in die Westerse kultuur, en het baie skrywers soos Dante Alighieri, Giovanni Boccaccio, Geoffrey Chaucer en William Shakespeare beïnvloed. Talle episodes van sy gedig is uitgebeeld in bekende werke in beeldhoukuns, skilderkuns en musiek. Hoewel belangstelling in Ovidius ná die Renaissance afgeneem het, was daar teen die einde van die 20ste eeu ’n herlewing in aandag vir sy werk. Vandag inspireer die Metamorfoses steeds en word dit in verskeie media oorvertel. Daar was al talle vertalings van sy werk, waarvan dié van William Caxton in 1480 die eerste in Engels was.[1]

  1. More, Brookes. Commentary by Wilmon Brewer. Ovid's Metamorphoses (Translation), pp. 353–86, Marshall Jones Company, Francestown, NH, hersiene uitg, 1978. ISBN 978-0-8338-0184-5.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search